25km Vanaf Steinkopf, of 66km vanaf Port Nolloth, laat jy die teerpad agter en vat die stof pad vir 7km. Hier tussen erens en nerens, knus voor die berg punt, sal jy die ou werf vind.
⛺Kampeer terrein met heerlike warm storte vir die skoonkry slag na die lang pad.
Spoel toilette.
Vuur erte vir die braai ers.
🏠Chalets is ingerig met n dubbelbed, Warm stort sowel as Spoel toilet.
N cadac bottel om die koffie lus te blus so met die stop slag.
N persoonlike braai.
Dis plaas met net die wydheid van die natuur om jou so elektrisiteit of selfoon sein bestaan nie hier nie.
Geen kaart fasiliteite is dus beskikbaar nie.
🍻Braai hout, ys en koeldrank word te koop aangebied.
Indien daar vooraf gereel word Kan ons n ete aanmekaar slaan terwyl jy heerlik ontspan.
Sou jy besef jou braai goedjies se voorraad raak min kan jy vooraf reel deur WhatsApp te stuur en sommer hier aan te koop.
“Wild camping” is Baie gewild deesdae en as jy ingerig is, is jy welkom. Daar ver en weg van alles Kan jy kop skoonmaak en weer jou self vind.
Ons venue is ook beskikbaar vir funksies.
Vir Enige navrae Kan u ons gerus kontak.
WhatsApp 073 649 5643.
Epos: deoudewerfplaas@gmail.com