Oepsie Daisy Selfsorg Plaashuis

67 km vanaf Garies lê die pragtige, ongerepte natuurskoon van Groenriviersmond.

Uit Garies vat jy die grondpad reguit see toe – waar die krewe vir jou wag en die pienklyf flaminke jou verwelkom.

Oepsie Daisy Selfsorg Plaashuis lê heerlik in die sonnetjie en bak reg langs die Namakwa Nasionale Park se grensdraad. Van daar is dit net 3 km see toe en 1 km na die park se hek.

Hierdie ruim plaashuis is die ideale kuierplek vir ’n gesin of groep vriende wat smag na rus en vrede, weg van die stad se lawaai.

Gedurende veldblomseisoen is die plaas in blomme getooi. Kom geniet die asemrowende sonsondergange en besondere sterrehemel. Raak aan die slaap met die sagte gedruis van die see.


Verblyf & Geriewe

  • Oepsie Daisy beskik oor 4 slaapkamers met slaapplek vir 8 gaste:

    • 3 kamers met dubbelbeddens

    • 1 kamer met 2 enkelbeddens

  • Katoenlinne, gemaklike kussings, warm duvets en komberse vir ekstra slaapgenot

  • Bykomende warmte: strooikussings, matte, olielampe, warmwatersakke en kniekombersies

  • Badhanddoeke word voorsien

  • 1 badkamer met stort, bad, toilet en wasbak

  • Gasgeyser vir heerlike warm water


Kombuis & Sosiale Ruimtes

Die hart van die huis is die volledig toegeruste kombuis met ’n binnebraai – perfek vir kuieraande om die groot 8-sitplek eetkamertafel.

Beskikbaar:

  • 2-plaat gasstoof

  • Ketel

  • Yskas/vrieskas

  • Eetgerei, breekware, potte en panne

  • Potjiekospotte

  • Spens met piekniekmandjie en koelhouer vir stranduitstappies


Stoep & Ontspanning

Op die stoep met uitsig oor die park:

  • Boeke vir u gerief

  • Pragtige yster dagbed

  • Gemakstoele

Parkering is reg langs die huis.


Belangrike Inligting

  • Die plaas het net brakwater – bring asseblief eie drinkwater saam

  • Ons voorsien 1 bottel drinkwater vir u gerief

  • U kan dalk wild soos rooihartbeeste, steenbokkies, duikertjies en selfs volstruise raaksien

  • Bobbejane laat ook hul stemme hoor in die kranse


Aktiwiteite

  • Lang staptogte op die strand

  • Blommekyk

  • Besoek die nabygeleë vuurtoring

  • Daguitstappies in die omgewing

  • Skilder of teken in die natuur

Laat die kunstenaar in jou herleef of kom word net weer mens tussen die ongerepte natuur.


Besprekings of Navrae

Kontak Judith Viljoen:
📱 WhatsApp: 071 973 2623 (as gevolg van swak sein)
📧 E-pos: oepsiedaisy547@gmail.com

📍 Koördinate: -30.818608, 17.588178

 

Leave a Reply

This site uses cookies to offer you a better browsing experience. By browsing this website, you agree to our use of cookies.